Voorskool

Welkom by Totiusdal Voorskool – waar kleuters speel, leer en floreer!

By Totiusdal Voorskool is jou kind se geluk en welstand ons prioriteit. Ons bied ‘n warm, veilige en liefdevolle omgewing wat optimale vroeë ontwikkeling bevorder.

Ons program is ontwerp om kreatiwiteit, sosiale vaardighede en selfvertroue te ontwikkel deur middel van prettige en opvoedkundige aktiwiteite. Ons hoogs gekwalifiseerde personeel verseker dat elke kind persoonlike aandag en sorg ontvang.

Met veilige, stimulerende speelareas en ‘n doelgerigte benadering tot vroeë leer, help ons kleuters om met selfvertroue en gereedheid hul skoolloopbaan in Graad 1 aan te pak.

Kom besoek ons en ervaar self ‘n plek waar elke dag ‘n nuwe avontuur is!

Kontakbesonderhede

📞 Telefoon: (012) 332 1745
✉️ E-pos: totiusdalgraadr@gmail.com

Skoolure

🕘 Halfdag: 06:45 – 13:15
🕘 Voldag: 06:45 – 17:15
🕘 Vakansies: 07:00 – 17:15
📌 Let wel: Die voorskool is gesluit gedurende Desembervakansies en op publieke vakansiedae.

Aansoek om toelating

Wil jy jou kleuter inskryf by Dallerland, ons voorskool met ‘n groot hart?

Laai die aansoekvorm hieronder af, voltooi dit gerus, en stuur dit aan ons via e-pos na totiusdalgraadr@gmail.com of gee dit by die kantoor in.

Kliek hier om die Voorskool Aansoekvorm af te laai

Ons sien daarna uit om jou kleuter deel te maak van ons gelukkige en stimulerende voorskoolomgewing!

Dagprogram

07:05 – 07:30 | Ontvang kleuters by hek 3
07:30 – 08:30 | Vryspel binne / Assesserings
08:30 – 08:45 | Register, Bybel, Weer
08:45 – 09:15 | Hindernisbaan
09:15 – 09:45 | Etenstyd
09:45 – 10:15 | Taal / Wiskunde
10:15 – 10:45 | Kuns
10:45 – 11:15 | Vryspel buite
11:15 – 12:15 | Taal / Wiskunde / Lewensvaardigheid
12:15 – 12:35 | Storietyd
12:35 – 12:45 | Kry tasse reg, kleuters stap in rye na voorhek vir afhaal deur ouers.

Ontmoet ons Personeel

Graad RR

Me. Melanie Lombard

Me. Trix vd Spuy

Graad R

Me. Gerna Inggs

Me. Jana Fourie

Me. Elmenie Mollentze

Ons Terrein

Scroll to Top