Naskool

Welkom by Totiusdal Naskool, waar omgee ons kernfokus is.

Ons prioritiseer die welsyn en akademiese sukses van elke kind in ons sorg. Elke graadgroep het ‘n toegewyde en bekwame naskoolassistent wat Maandae tot Donderdae huiswerkondersteuning bied in hul eie huiswerkklas, sodat kinders met selfvertroue hul huiswerk kan voltooi.

Vrydae geniet die leerders buitespel, en gedurende vakansietye (behalwe Desember) bied die assistente opwindende aktiwiteite aan.

Ons voorsien ook ‘n ligte middagete en ‘n laatmiddag peuselhappie om seker te maak dat elke kind hulle volle potensiaal kan bereik, hetsy dit buitemuurse aktiwiteite is, of ‘n paar moeilike Wiskunde somme!

Totiusdal Naskool
Ons gee om!

Kontakbesonderhede

📧 E-pos: naskooltotiusdal@gmail.com

Ons sien uit daarna om jou kind by ons Totiusdal Naskool-familie te verwelkom!

Skoolure

Skoolkwartale: Direk na skool – 17:15
Vakansies: 07:00 – 17:15
Let wel: Die naskool is gesluit gedurende die Desembervakansie.

Aansoek om toelating

Ons bied twee opsies vir ouers wat hul kinders by die naskool wil inskryf:

Voltydse Inskrywing – Vir kinders wat daagliks die naskool bywoon.
Dagbesoekers – Vir leerders wat af en toe kom kuier (per dag).

Laai die toepaslike vorm hieronder af, voltooi dit gerus en stuur dit terug via e-pos na naskooltotiusdal@gmail.com of handig dit by die kantoor in.

Kliek hier om Voltydse Aansoekvorm af te laai

Kliek hier om Dagbesoeker Aansoekvorm af te laai

Ons sien uit daarna om jou kind by ons Naskool-familie te verwelkom!

Wat bied ons

✔️ ‘n Veilige en liefdevolle omgewing vir alle leerders
✔️ ‘n Ligte middagete en ‘n laatmiddag-verversing
✔️ Studietyd Maandae – Donderdae met toesig en ondersteuning
✔️ Hulp tydens toetsreekse, eksamens en assesserings
✔️ ‘n Pretprogram gedurende skoolvakansies (geen ekstra kostes vir ingeskrewe leerders nie)
✔️ Dagbesoekers welkom – R100 per dag gedurende skooltyd, R150 gedurende vakansies (insluitend middagete en aktiwiteite)

Ontmoet ons Naskool Personeel

Me. Magda Visser

Me. Tamaryn Voges

Me. Ria van Wyngaarden

Me. Amanda Bredenkamp

Me. Brenda de Klerk

Me. Mariska Pretorius

Me. Angelique Nel

Me. Emmarita Pretorius

Me. Riekie Botha

Me. Elsabé van Deventer

Me. Raldi Viljoen

Me. Marinda Zeelie

Me. Marietjie Erasmus

Scroll to Top