KULTUUR
Op kultuurgebied wil ons graag aan ons leerders die geleentheid gee
om hul kreatiwiteit te ontwikkel en uit te leef.
Daarom bied ons graag die volgende:
1) Junior en Seniorrevuegroepe
2) Redenaars
3) Dallerspore Kultuurkompetisie waaronder die vlg. afdelings:
a) Skryfkuns in Afr. en Eng.
b) Sang
c) Instrumentale spel
d) Drama
e) Dans
f) Visuele Kuns
*Daar word ook van eksterne, gekwalifiseerde beoordelaars gebruik gemaak, sowel as personeel
*Toekennings word aan die eerste 3 plekke in elke afdeling gegee
*Gala-aand waar wenners aangekondig word, en sertifikate uitgedeel word.
4) Drama-klasse deur Sarina Donges wat baie goeie uitslae behaal by kunswedstryde en Eisteddfods.
5) Kultuurfees waar verskeie van ons leerders deelneem en hul talente ten toon stel
Skeppende Kuns is 'n vak wat die leerders die geleentheid gee om hul kreatiwiteit te ontwikkel.
Hulle leer verskeie vaardighede in musiek, dans, drama en visuele kuns.
In Drama is die fokus op groep- en verhoogwerk.
Dit gee die leerders selfvertroue om voor mense op te tree en te praat.
In Visuele Kuns leer die leerders tegnieke soos teken, skilder, verf, knip en plak, stillewe sketse, potloodsketse, handwerk en ontwerp.
Ons is ook baie trots om te sê dat ons leerders se kunswerke al by verskeie uitstallings gepryk het
(o.a die Voortrekkermonument en Wonderboom Junction).
Ons gebruik ook geleenthede by die skool soos ouer- en meriete-aande om die leerders se kunswerke uit te stal en daarmee te spog.