Op soek na die perfekte plek vir ‘n feesviering, gesinsbyeenkoms of spesiale funksie? Laerskool Totiusdal bied ‘n pragtige lapa te huur – ‘n ruim en gemaklike venue vir verskeie geleenthede.
Waarom ons lapa huur?
✅Ruim en skaduryke kuierplek – ideaal vir familie- en sosiale byeenkomste
✅Geriewe vir gemak – perfek vir verjaardae, reünies en spanbou
✅Veilige omgewing – binne die skoolterrein met veilige parkering in die terrein.
Besprekings & Betaling
- Die volledige huurbedrag moet ten minste 30 dae voor die funksiedatum betaal word.
- Besprekings word slegs bevestig sodra die betaling en voltooide huurooreenkoms ontvang is.
- 📄 Klik die volgende link om die Huurkontrak af te laai] – https://totiusdal.co.za/lapa-huur-vorm
📞 Navrae en besprekings:
Kontak ons by die kantoor (Sien telefoonnommer onder aan blad) of stuur ‘n e-pos na Me. Hester van Deventer by administrasie@totiusdal.co.za om jou bespreking te bevestig.
