Tuis

Tema van die jaar: Wees die lig!

Welkom by Laerskool Totiusdal – Die Familie skool met die groot Hart!

By Laerskool Totiusdal glo ons aan ‘n gebalanseerde opvoeding wat akademie, sport en kultuur insluit. Ons is ‘n veilige en stimulerende omgewing waar kinders groei en bloei tot selfstandige en suksesvolle individue.

Akademiese Uitnemendheid – ‘n Stewige opvoedkundige grondslag vir ‘n blink toekoms.
Sport en Kultuur – Ontwikkeling van talent deur ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite.
‘n Gemeenskap van Omgee – Ons is ‘n familie en ons kinders kom eerste.

Geleë in Waverly, Pretoria. Ons skool spog met moderne fasiliteite, ‘n toegewyde span en ‘n ryke geskiedenis van prestasie.

Bly op hoogte van nuus en gebeure! Volg ons op Facebook.

Facebook Blad Nuus

Opkomende Gebeurtenisse

Belangrike Skakel Blokke

Akademie

Van Graad 1 tot 7 fokus ons op sterk akademiese ontwikkeling, kreatiewe denke en die opbou van selfvertroue in die leerproses.

Sport

Sport speel ‘n sleutelrol in ons skool. Rugby, netbal, krieket, skaak, fietsry, sagtebal en meer – daar is iets vir elke kind om te geniet.

Kultuur

By Totiusdal leef kultuur! Revue, koor, redenaars, drama, en Dallerspore bied leerders ‘n kans om hul kreatiwiteit te vier en selfvertroue ontwikkel.

Voorskool (Dallerland)

Ons kleuters kry ‘n gelukkige en gestruktureerde begin by Dallerland – met speel, leer en liefde in elke dag.

Naskool

Veilig, gestruktureerd en vol pret! Ons naskool ondersteun kinders met huiswerk en bied ‘n prettige vakansieprogram.

Inskrywings

Wil jy aansluit by die Totiusdal-familie? Vind alles wat jy moet weet oor toelatings, aansoekvorms en vereistes.

Personeel

Bestuurspan

Ons bestuurspan verseker ‘n goed georganiseerde, dinamiese en doelgerigte skoolomgewing.

Onderwysers

Toegewyd, kundig en passievol – ons onderwysers maak elke dag ‘n verskil in kinders se lewens.

Kantoor Personeel

Die hartklop van ons administrasie – ons vriendelike en bekwame kantoorspan hou alles aan die gang.

Scroll to Top