Toelatingsvereistes

By Laerskool Totiusdal verwelkom ons graag nuwe leerders in ons skoolgemeenskap! Ons streef daarna om ‘n omgewing te skep waarin elke kind kan groei en bloei – akademies, sosiaal en sportief.

Toelatingsriglyne

Onderwys in Afrikaans
Afrikaans is die onderrigmedium van Laerskool Totiusdal. Ons bied ‘n stimulerende leeromgewing waar leerders akademies kan presteer in hul moedertaal.

Geskikte ouderdom vir graadgroep
Leerders word in die toepaslike graadgroep geplaas volgens hul chronologiese ouderdom, sodat hulle sosiaal en akademies kan floreer saam met hul maats.

Voorkeur vir plaaslike inwoners
Om te verseker dat ons ‘n steunpilaar vir die gemeenskap bly, gee die skool voorkeur aan aansoeke van ouers/voogde wat binne die skool se voedingsgebied woon. Ons maak ook voorsiening vir natuurlike uitbreiding in die Moot-gebied.

Eerbiediging van skoolwaardes en -reëls
Ons verwag dat alle leerders en ouers die skool se reëls en waardes respekteer en daaraan voldoen. Dit help ons om ‘n gedissiplineerde, vriendelike en veilige leeromgewing vir almal te handhaaf.

Finansiële verantwoordelikheid
As ‘n openbare skool is skoolfondse noodsaaklik om kwaliteit onderrig te bied. Ouers/voogde onderneem om die vasgestelde skoolgeld te betaal of om op die voorgeskrewe wyse aansoek te doen vir finansiële hulp indien nodig.

Beperkte plekke per graad
Ons doen ons bes om elke leerder ‘n plek te bied, maar indien ‘n graadgroep reeds vol is, behou die Beheerliggaam die reg voor om toelating te weier. Ons moedig ouers aan om vroegtydig aansoek te doen.

Kliek op die volgende link om uit te vind hoe om te registreer: https://totiusdal.co.za/inskryf-van-leerling/


Ons sien uit daarna om jou kind deel van ons familie te maak!

Scroll to Top