Laerskool Totiusdal

Groei en Bloei

Laerskool Totiusdal

Kleuterskool

Kontak besonderhede

NaamGerna du Plessis
E-postotiusdalgraadr@gmail.com

Hier by Dallerland gaan dit klopdisselboom!

Ons klassies bars uit hulle nate en ons onderwyseresse moet bontstaan om al die aktiwiteite interessant aan te bied. Dis lekker om vir sulke oulike kleuters skool te hou.

Aktiwiteite

Kwartaal 1: Atletiekdag

  • Ons bied aan springkastele, motorfietsies, platresies, Action Ball, Monkeynastix en Dance Mouse. Glo my na so ‘n sessie is al wat ‘n kleuter is uitgeput! Natuurlik kom die ouers saam want hier is pannekoek, worsbrode, koeldrank en lekkernye. Kleuters word beloon met ‘n regte medalje.
  • Ons het ook twee kleur dae naamlik rooidag en bloudag en al ons aktiwiteite draai om die kleure. Dis pragtig om al die kleuters so eenders te sien aantrek.

Kwartaal 2

  • Fotosessies en verdere kleurdae, nl. groendag en geeldag.

Kwartaal 3

  • Kwartaal 3 is die konsert.

Kwartaal 4

  • Oupa en Ouma dag en die groot hoogtepunt is die gradeplegtigheid! Dan word ons Onderwyseresse se harde werk beloon.

Ons het verskeie binnemuurse aktiwiteite waaraan die kleuters kan deelneem! Soos actionball, playball, gimnastiek, akrobaat, karate, drama en dance mouse.