Laerskool Totiusdal

Groeie en Bloei

Laerskool Totiusdal

Skool Geskiedenis

Op 28 Julie 1953 open die Waverley se Afrikaansmediumskool met 211 leerlinge. Die waarnemende Hoof was Mnr J.P. vd Merwe. Op 27 Julie 1954 aanvaar Mnr P.J. Smit diens as permanente Hoof en Mnr P.L. Breedt as Adjunk-Hoof. Op 29 September 1955 word besluit om die skool se naam te verander na Totiusdalskool. Totius (Dr. J.D. du Toit) het sy eerste lewensjare op hulle plaas Rietfontein, tans ‘n voorstad in die Moot, deurgebring. Die eerstydse woonhuis is tans die “Glendillentehuis” vir ouerlose kinders naby Chamberlains en Hoërskool Hendrik Verwoerd.

Op 25 September 1964 is die skoolsaal in gebruik geneem en vernoem na Mnr P.J. Smit. Na 18 jaar tree Mnr Smit af as Hoof van die skool en hy word opgevolg deur Mnr P.L. Breedt in 1972. In 1979 word Mnr I.D. Bakker die Hoof tot 1982 waarna Mnr C. Hoffmann aangestel word as Hoof. Mnr I.A van Niekerk volg hom op in 1990 tot 1997.

In Januarie 1998 begin Mnr W.E. Kalp as Hoof. Op daardie stadium het die skool bestaan uit 375 leerlinge en 35 Graad R leerlinge. Deur die jare het die skool “Gegroei en Bloei” en staan die getal leerlinge tans (Januarie 2012) op 761 in die skool wat 3 Graad R klasse insluit. In 1998 was daar slegs 9 personeel en 2 dames in die kantoor. In 2012 het ons 20 personeel lede en 4 dames in die kantoor.

Moet opgedateer word