RUGBY
Leerders van Laerskool Totiusdal is uitblinkers op die sportveld.
Die wye verskeidenheid aktiwiteite wat Laerskool Totiusdal aanbied
verseker dat elke kind sy potensiaal kan vervul.
Organiseerder :
o/9- o/13
Mnr Siaan Janse van Rensburg : 072 682 9819
o/5 - o/8 (Bulletjie Rugby)
Mnr Jacques Klopper : 082 677 4462
0/9; Mnr Roelf Visser en Mnr Siaan Janse van Rensburg
0/10; Mnr Eddy Wesso en Mnr Nathan Schmahl
0/11; Mnr Stefan van Staden en Mnr Johann Jabobsz
Eerste span
Mnr Siaan janse van Rensburg,Mnr Roelf Visser en Mnr Eddy Wesso.
Tweede span
Mnr Jannes Labuschagne en Mnr Nathan Schmahl
Ons oefening begin middel Feb en dan gaan ons 0/9 tot 0/11 spanne
na die prestige week rugby kliniek en ons eerste span Jubaweni toe
in voorbereiding vir die liga wat begin in April.
Laerskool Totiusdal neem deel in die 5 ouderdoms groepe. In 2022 was ons 1ste span en o/9 aangewys as liga-wenners. Drie van ons vyf spanne het deurgedring na die Stadsbeker semi-finale, waar die 0/9 en 1ste span gespeel het in die Stadsbeker Finaal. Die 1ste span het die Finaal gewen, en is aangewys as Stadsbeker wenners vir 2022.
Ons Bulletjies is baie belangrik, want dit is waar die grondslag gelê word
vir ons rugby speler.
Ons het meer as een span per ouederdom groep vir beide seuns en meisies.
Die kinders neem deel aan verskeie bulletjie rugby dae elke saterdag
vanaf die seisoen begin. Met die hoogte punt die bulletjie dag op Loftus.
Ons sien baie uit na 2023 dat die Daller Ratels kan groei
en hulle passie vir die sport uitleef.