KRIEKET

Leerders van Laerskool Totiusdal is uitblinkers op die sportsveld.
Die wye verskeidenheid aktiwiteite wat Laerskool Totiusdal aanbied
verseker dat elke kind sy potensiaal kan vervul.

Organiseerder
Mnr Jannes Labuschagne


By Totiusdal sien almal uit na ons krieket in die derde kwartaal.
Ons sit jaar na jaar vyf spanne in ons liga en eindig elke jaar in die top drie.
Ons het n o/9, o/10, o/11, 2de span en 1ste span.

Ons hoop om meer dogters vir krieket te trek sodat ons van krieket 'n heleskool-sport kan maak
en selfs met n dogters span of twee te spog.

Ons beplan ook elke jaar toernooie in voorbereiding van ons liga.